Blogs | iinfo TZANEEN

Lank gelede in die laeveld

Herinneringe oor die kap van Oom Paul se monument by Kruger Hek.
 
Anna du Toit skryf dat haar my man en sy asook hulle twee kleintjies aan die einde van 1973 vir ses maande op Skukuza moes bly vir tegniese werk rakende die padnetwerk waarby hy betrokke was.
 
Sy vertel sy was dikwels alleen tuis en het sommer vanaf die personeeldorp gestap na die perseel waar die bekende Suid Afrikaanse beelhouer, Coert Steynberg besig was met die beeldhouwerk van Paul Kruger.
 

Kruger Nationale Park

So ry ons 'n laaste draai deur Tshipise en my liewe man vat my op 'n sunsetdrive en ons gaan maak sommer by die pragtige Tshipise Garage vir oulaas tenk vol diesel.  Môreoggend vat ons die pad deur Pafuri na Shingwedzi in die Kruger Nationale Park.
 
Ons eerste wildrit, ons vat die grondpad noord van Shingwedzi na Babalala.
 
Dag 2 staan ons lekker vroeg op en besluit om suid te gaan.
 
Nog 'n lieflike dag in die mooie Kruger Wildtuin.  Ek dink nie ons besef aldag hoe wonderlik bevoorreg ons is met hierdie stuk paradys binne ons bereik nie.

Mokopane

Die dorp Mokopane - Potgietersrus het sy ontstaan te danke aan die nagevolge van die Groot Trek en die vestiging van blankes in Transvaal. Byna sewe jaar het verloop sedert die eerste besluit om 'n dorp (Vredenburg) in die Makapanspoort aan te le (19 Maart 1852) en die werklike okkupasie van die dorp Pieterpotgietersrust (Oktober 1859), terwyl die stadsraad van Potgietersrus in 1952 besluit het "dat Eeufeesviering in 1954 plaasvind, presies 100 jaar nadat Vredenburg verdoop is na Piet Potgietersrust ter ere van Piet Potgieter wat in 1854 in Makapansgrot gesneuwel het".

Hoedspruit

Hoedspruit is 'n dorp in die ooste van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika.
 
Geskiedenis
 
Ds. Frans Lion Cachet het in 1865 reeds hier 'n vergadering gehou. Die oorspronklike plaas, ook Hoedspruit, is in 1869 opgemeet. Die eerste poskantoor is in 1890 geopen. Die takspoorlyn van 60 km na Phalaborwa is in 1963 teen 'n koste van R4 miljoen voltooi.
Die Lugmagbasis Hoedspruit is 'n belangrike basis van die Suid-Afrikaanse Lugmag op Hoedspruit.

Blyderivier

Die Blyderivier (of Motlatserivier, wat beteken "permanente rivier", of Umdhlazi-rivier), is 'n rivier in die Mpumalanga en Limpopoprovinsies van Suid-Afrika. Dit vloei in 'n noordelike rigting deur steil valleie en klowe van die Drakensberg in Mpumalanga, voordat dit die Laeveld bereik in die Limpopoprovinsie. Dit het sy oorsprong op ongeveer 2000 m hoogte in die Hartebeesvlakte bewaringsgebied, ten noorde van die Long Tompas . Die Blyderivier en die Ohrigstadrivier se water vloei altwee in die Blyderivierspoortdam in. Heerlike rit, koud maar lekker.
 

Mariepskop

‘n Tipiese vaal wintersdag by Mariepskop, ook Marepe of Maripekop genoem, is met sy hoogte van 1 947 m bo seevlak een van die hoogste pieke in die noordelike Drakensberg, [nota 1] en die hoogste punt van die Blyderivierspoort, Suid-Afrika. Dit is geleë by die aansluiting van drie bewaringsgebiede, naamlik die Mariepskop-bosreservaat, Mariepskop-staatsbos, en die Blyderivierspoort-natuurreservaat. Die bergtop word aan verskillende kante deur loodregte kranse begrens, en bestaan uit Proterosoïese sedimentêre gesteentes van die Transvaalse supergroep.

The Shoe

The Shoe close to Orighstad, was built in 1990 by Artist and Owner Ron van Zyl. Today The Shoe is an Art Gallery and a Museum open to the public to visit. The Shoe Guesthouse is located on the property where the Shoe is built. The Shoe Guesthouse consists of self-catering units and a Guesthouse. The Shoe has a great Tea Garden open during the day where you can eat great Burgers. The kitchen also caters for groups, events and Weddings. The Omega Cave - Ron van Zyl built a man-made Cave in which he explains and portrays a vision he had about the Spiritual world.

Subscribe to RSS - blogs