NG Moedergemeente Mosselbaai
Ons glo alle mense het ’n sterk behoefte aan aanvaarding, liefde en om te behoort en dat dit in goeie verhoudings gevind kan word – soos in familie en vriendskappe. Christus is ons beste voorbeeld van iemand wat alle mense so behandel het. Gesinne kom in alle vorme voor en ons glo die familie is ook kerk en in vennootskap met die gemeente. Ons wil juis vir alle soorte mense, en in watter gesin situasie ook al, met spontane, gasvrye liefde ’n familie wees.