Die dorp Mokopane - Potgietersrus het sy ontstaan te danke aan die nagevolge van die Groot Trek en die vestiging van blankes in Transvaal. Byna sewe jaar het verloop sedert die eerste besluit om 'n dorp (Vredenburg) in die Makapanspoort aan te le (19 Maart 1852) en die werklike okkupasie van die dorp Pieterpotgietersrust (Oktober 1859), terwyl die stadsraad van Potgietersrus in 1952 besluit het "dat Eeufeesviering in 1954 plaasvind, presies 100 jaar nadat Vredenburg verdoop is na Piet Potgietersrust ter ere van Piet Potgieter wat in 1854 in Makapansgrot gesneuwel het". Daar is vyf koninkryke in die omgewing: Kekana (Moshate), Langa (Mapela), Gegana (Mshade), Lebelo (Garasvlei) en Langa (Bakenburg). Die stad se naam sou eers na Mngombane verander word omdat dit die oorspronklike koning se naam was (en nie Mokopane nie). Die naam is in 2003 na Mokopane verander, na die kaptein wat Piet Potgieter vermoor het. Mokopane is een van Suid-Afrika se rykste landbougebiede en produseer koring, tabak, katoen, vleis, mielies, grondbone en sitrusvrugte. Die Zebediela-sitruslandgoed, 55 km na die suidooste, is een van die grootste sitrusplase in die Suidelike Halfrond.
Dit is 'n baie besige dorpie, met baie verkeer dra soos die vragmotors wat deur die dorp ry oppad na Gauteng.
Die gebied is ook ryk aan minerale, met die ontginning van platinum, diamante en graniet as hoofbedrywighede. Dit was baie teleurstellend om die Museum te besoek en te sien hoe dit agteruit gaan. Kon glad nie binne besoek nie, slegs sien deur die vensters die stof en agteruitgang.
Add new review