Ja, daar is hard gewerk en Tzaneeners is aangemoedig om te stem vir Tzaneen as Kwela se Dorp van die Jaar 2020 en sowaar ons het dit weer ‘n keer reggekry om gekies te word as Limpopo se finalis – WELGEDAAN aan almal wat bygedra het om ons dorp sover te kry! Ons het ‘n pragtige dorp en omgewing…. en verseker pragtige, talentvolle inwoners.
Die stemlyne gaan eers in Junie maand open nadat al die finaliste van al 9 provinsies aangekondig is op Kwela - kyk gerus Kwela op Sondag aande en sien watter ander dorpe word aangewys as finaliste - Hou julle reg - ons gaan hard stem - Tzaneen moet wen !
Add new review