Tzaneen Garden Centre is ‘n kwekery in Tzaneen – 800m van Ben Vorster Hoërskool af op die Modjadjiskloof pad.
Die kwekery het sy ontstaan in Desember 2007 gehad en was eers bekend as “Cycads Galore”. Die kwekery het egter gegroei en is nou meer ‘n tuinsentrum met alles wat jy nodig het vir jou tuin.
Ons het plante, potte, waterfonteine, voeëls, hasies, warm en koue water visse, koi visse, alle benodigdhede vir jou visse en troeteldiere, Montego Hondekos en tuinmeubels.
Ons probeer sover moontlik aan elkeen se tuin behoeftes voorsien en het nog groot planne vir die toekoms.
Ons is baie opgewonde oor die nuwe toevoeging tot ons besigheid nl. “The Olive Tree Coffee & Gifts”.
Dit is ‘n kindervriendlike koffiewinkel wat genoeg speelplek vir die kinders het met heerlike koek, quiches, broodjies en slaaie. Natuurlik heerlike Tribeca koffie, slush puppies en draai romyse vir die kinders, melkskommels en smoothies.
Saam met die koffiewinkel het ons ook ‘n pragtige geskenkwinkel wat aan elkeen se behoeftes sal voldoen.
Kom maak gerus ‘n draai by ons.
Kwekery : Mia en Susan – 071 604 3453
Koffiewinkel : Isobel – 082 928 3423
Eienaar : Charlene Maree – 060 995 2506
E-pos : charlene@tzngardening.co.za
Webtuiste : www.tzaneengardencentre.co.za
Tzaneen Garden Centre, Home, Health & Lifestyle, Nurseries, Nursery, Garden Services, Coffee Shops, Café's & Coffee Shops, Indoor and Outdoor Plants, Garden Furniture Pots and Sundries, Garden Tools and Accessories, Indoor Plants, Garden Furniture, Pots, Garden Tools, Garden Accessories, Special Gifts, Garden Centre, Nursery & Garden Centre, Home and Garden Shop
Add new review