Die Yadah aanbiddings-dansgroep, wat by Taste of Tzaneen Fest se damestee optree, is in 2001 gestig. Dit is 'n self-onderhoudende, nie-winsgewende groep wat aanbidding in dansbewegings uitbeeld. Hul missie is om Bybelse aanbidding terug te bring in the Liggaam van Christus, in voorbereiding op die wederkoms.
Deur hul dansbewegings dien en aanbid hulle. Yadah is 'n satellietskool van Eden Akademie se aanbiddingslypskole wat elke drie maande aangebied word deur Izak en Liz Coetzee van Eden Bedienings. Hulle het nie finansiële ondersteuning van enige kerk of instansie nie. Fees-geleenthede en uitreike word hoofsaaklik deur ledegelde gedra.
Hul uitreike sluit in kerke, bejaardesentra, die Feeste van die Here en spesiale geleenthede – op uitnodiging of versoek. Deel van hul danse is tamboeryn- en vlagwerk, Messiaanse danse, danse met serpe en septers, optogte met baniere ens.
Enigeen is welkom om hul weeklikse byeenkomste in Tzaneen by te woon, wat Dinsdagaande in die NG Moedergemeente se kerksaal, vanaf 17:30 tot 19:00 plaasvind. Dit is nie net dans nie, sê kontakpersoon Lindie Theron. Hulle bestudeer en bespreek die Skrifte (Bybel) en geniet die geselskap en samesyn van mede-gelowiges. Enigeen wat belang stel kan haar skakel by 082 451 9717. Epos-adres is: theronlindie@yahoo.com
Add new review