Blyderivier
Die Blyderivier (of Motlatserivier, wat beteken "permanente rivier", of Umdhlazi-rivier), is 'n rivier in die Mpumalanga en Limpopoprovinsies van Suid-Afrika. Dit vloei in 'n noordelike rigting deur steil valleie en klowe van die Drakensberg in Mpumalanga, voordat dit die Laeveld bereik in die Limpopoprovinsie. Dit het sy oorsprong op ongeveer 2000 m hoogte in die Hartebeesvlakte bewaringsgebied, ten noorde van die Long Tompas . Die Blyderivier en die Ohrigstadrivier se water vloei altwee in die Blyderivierspoortdam in. Heerlike rit, koud maar lekker.