Tel: 015 307 4508 / 015 004 0124 Email:

tzaneen@nhk.co.za

Website: N/A Address: 18 Agatha Straat, Tzaneen, 0850 find us on Facebook
Nederduitsch Hervormde Kerk Tzaneen | iinfo Tzaneen

Die NH Kerk Tzaneen is gestig op 19 Junie 1954.Die gemeente stig op bogenoemde datum af van Laeveld te Duiwelskloof en wy hulle eie kerkgebou in op 7 April 1957. Saam met die ander gemeentes van die Hervormde Kerk oor die land heen wil ons in Tzaneen en omgewing die volgende uitleef :

Visie
Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Missie
Om werklik Kerk van Christus te wees deur te fokus op :

Viering
Gemeenskap
Diens
Getuienis

Daarom wil die Hervormde Kerk as gemeenskap van gelowiges ons geloof in Jesus Christus in woord en lied vier, mense dien en van die verlossing in Christus getuig.

Op hierdie weg sal ons deurgaans die volgende waardes handhaaf :

Nederigheid in ons lewe voor God
Nugterheid in ons omgang met die Woord
Menslikheid in ons verhoudings met mekaar en ander mense
Dit wil ons nastreef deur:
Gehoorsame uitlewing van die Woord
Deurleefde en eietydse prediking
Entoesiastiese uitdra van die evangelie
Visioenêre leierskap op alle terreine
Liefdevolle ondersteuning van alle mense in nood
Op die uniekheid van Christus en sy kerk te fokus

Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.