Tel: 012 111 8360 Email:

diens@helpendehand.co.za

Website: www.helpendehand.co.za Address: Southdowns Ridge Office Park, 1240 John Vorster Drive, Centurion, 0062 find us on Facebook
Solidariteit Helpende Hand | iinfo Tzaneen, Stellenbosch, Somerset West, Giyani, Hoedspruit, Hermanus, Louis Trichardt, Makhado, Mbombela, Mokopane, Mookgopong, Oudtshoorn, Polokwane, Phalaborwa, Potchefstroom, Soweto, Franschhoek, Haenertsburg

Wie is ons?
 
Solidariteit Helpende Hand is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Ons fokus is om ʼn antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis te vind deur ʼn verskeidenheid van projekte. Ons doen dit deur ons mense se armoede deur middel van onderskeie projekte te verlig, voorkom en te verbreek.
 
Nagenoeg 80% van ons tyd en bronne word aan die voorkoming van armoede bestee, terwyl die ander 20% tussen die verligting van armoede en die verbreking van die armoedekringloop verdeel word.
 
Verligting van armoede deur projekte
 
Helpende Hand het ʼn verskeidenheid van projekte wat daarop gemik is om die swaarkry van behoeftige mense te verlig. Dié projekte sluit die Kosblikkie-, Skooltassie- en #HelpHetta-projek in.  Kinders word veral gehelp deur hierdie projekte, deur hulle te voorsien met ʼn daaglikse bord kos, skryfbehoeftes en sanitêre ware.
 
Die #geeREG- en Ons Mense-veldtogte fokus veral op volhoubare oplossings vir Afrikaners wat in informele nedersettings en ander moeilike omstandighede woon.
 
Helpende Hand se bejaarde-projekte wil ʼn einde maak aan die eensaamheid en armoede waarin baie van ons land se bejaardes leef.
 
Verder het Helpende Hand meer as 170 takke landwyd wat ons hande en voete in die gemeenskap is. Hierdie takke bestaan uit vrywilligers wat die nood van Afrikaners in hulle gemeenskappe identifiseer en dit dan binne die raamwerk van Helpende Hand aanspreek.
 
Voorkoming van armoede deur opleiding
 
Een van Helpende Hand se grootste fokusse is die opleiding van ons kinders en jongmense om daardeur te keer dat hulle in die kringloop van armoede beland.
 
Die Studiefondssentrum bied rentevrye studielenings aan jongmense vir tersiêre studies. Tot op hede is daar al 6 981 studente met ʼn totaal van R126 miljoen gehelp.
 
Waar kom ons geld vandaan?
 
Helpende Hand het meer as 30 000 ondersteuners wat per debietorder ʼn maandelikse bydrae maak. Ons ontvang geen hulp van die staat nie en is afhanklik van die bydraes van gewone mense om ons projekte te befonds.

Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.