'n Ongelooflike pragrtige gebou. Alles word goed in stand gehou, netjies en skoon.
OUDTSHOORN NUUS - Die CP Nel-museum was in 1881 as ‘n Hoër Seunsskool opgerig. Rondom 1966 smelt die Seuns- en Meisies Hoërskool saam en trek albei dié skole na ‘n nuwe, meer moderne gebou. Die Hoër Seunskool is in 1981 as 'n nationale gedenkwaardigheid verklaar is nie. Die CP Nel-museum het eens gedien as die Hoër Seunskool van Oudtshoorn.
Die Britse argitek, Charles Bullock, wat in 1903 na Oudtshoorn toe verhuis het, het die Hoër Seunsskool ontwerp.
Nog feite oor die CP Nel-museum:
Die Hoër Seunskool is in 1906 opgerig en is perfek simmetries ontwerp sodat alles aan weerskante van die middellyn herhaal.
Die horlosie in die toring was vanuit Engeland ingevoer en deur mnr. Gert C. Olivier geskenk.
Die skoolsaal en nog ses klaskamers word in 1912 aangebou.
Die Seuns Hoërskool was vir baie lank nie in gebruik nie en het bouvallig geraak, die moontlikheid om die gebou te sloop was ernstig oorweeg.
Die departement van onderwys het die gebou in 1970 aan die Oudtshoorn-munisipaliteit verkoop en verbeteringe is aangebring om dit as 'n museum in te rig.
Die CP Nel-museum het in 1973 amptelik geopen en is vandag 'n Nasionale Gedenkwaardigheid.
Die stigter van die CP Nel-museum was mnr. Charles Paul Leonard Nel (geb. 3 Okt 1878 - 21 Nov 1950), hy was 'n florerende sakeman van Oudtshoorn, van daar die naam CP Nel-museum.
Add new review