Brenton-on-Sea | iinfo TZANEEN

Brenton-on-Sea is 'n klein vakansiedorpie aan die Indiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is naby Knysna en ongeveer 4 km strandlangs vanaf Buffelsbaai. Die plekkie het bekend geword toe 'n swerm Brenton Blou-vlinder (Orachrysops niobe) (Engels: Brenton Blue butterfly) daar herontdek is. Die spesie is as uitgesterf beskou. Daar is ook 'n strand by Brenton-on-Sea sowel as verskeie visvangplekke. Die oord is vernoem na sir Jahleel Brenton, die admiraal wat gehelp het om die hawe by Knysna te ontwikkel. (wikipedia).
 
Hierdie klein plekkie is WOW. Die ongelooflikste rotsformasies en skoon strand. Heelwat trappe om tot onder te kom, maar absoluut die moeite werd. Hier kan jy sommer jou skoene op die trappe laat, en dit sal nog steeds daar wees wanner jy klaar gestap het op die strand. Die ongelooflikste mooi mosaik werk op die sitbankies, is baie kunstig gedoen.
 

Add new review

CAPTCHA
This question is for testing whether or not you are a human visitor and to prevent automated spam submissions.
Image CAPTCHA
Enter the characters shown in the image.
Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.