Ons het al so baie gehoor van Noetzie, met die kastele, en wou dit graag sien. Noetzie die naam val so lekker sag op die tong. Ons het gehoor van die baie trappe, en besluit om dit toe aan te durf. Glo my die terug tog was maar nie van die maklikste.
So is daar ook Garden of Eden - 'n lekker lopie in die bos.
Noetzie is 'n strandoordjie net ten ooste van Knysna. 'n Kenmerk daarvan is die aantal strandhuise in 'n boustyl wat kastele naboots. Dit lê tussen die Pezula-gholfbaan en die Sinclair-natuurreservaat. Vanaf die N2-hoofweg lei 'n pad vir 5 km suid tot by 'n parkeerterrein op die rand. Van daar lei steil trappe en 'n voetpad na die lagune, strand en visvangplekke. Weens die moeilike bereikbaarheid word die strand nooit oorstroom met besoekers nie.
Geskiedenis
Noetziestrand met Montrose Castle, een van die opvallende strandhuise, teen sononder
Die kasteelagtige vakansiehuise se geskiedenis strek terug tot 1913 toe H S Henderson enkele erwe langs die strand gekoop het. Die eerste strandhuis is in 1932 voltooi en het 'n watertoring in die styl van 'n burgtoring ingesluit wat die gebou baie op 'n kasteel laat lyk het. So is later ook kastele bygevoeg. Aangrensende strandhuise is in dieselfde styl ontwerp.
Die kompleks word oorheers deur Pezula, 'n strandhuis met 'n indrukwekkende hoektoring. Sy naam is afgelei van die Shona-term vir "hoog bowe". Pezula het enkele jare lank as vakansiehuis vir Garfield Todd, 'n gewese eerste minister van Rhodesië, gedien, maar is in 1970 weer deur die vorige eienaars, die Henderson-familie, teruggekoop
Add new review