Boek Kompetisie | iinfo TZANEEN

Vir 'n kans om 1 van 5 publikasies van Beenwerf te wen teken op by iinfo vir 'n Informasie Blad en antwoord die vraag :

Wat is Frederick Erasmus se regte naam, en noem 2 plekke waar Beenwerf bestel kan word?

E-pos subskripsie vorm en antwoorde na info@iinfo.co.za

Wenners word 30 April 2024 getrek

Beenwerf deur Frederick Erasmus

Dit het in Auschwitz begin, maar nie daar geëindig nie.
 
Dekades later word ‘n identiese tweeling ‘n week uitmekaar duisende kilometer van mekaar gebore.
 
Geld, mag en die superioriteit van die Ariese ras is die boustene van ‘n spannende intrige drie geslagte later.
 
‘n Suid-Afrikaanse joernalis is ontstuitbaar as haar man die slagoffer van ‘n gruwelike komplot word. Stuk-stuk ontrafel sy die verbintenisse tussen die beenwerf van die verlede en die onreg in die hede. Maar sal sy die misdaad teen lewe kan stuit?
 
Frederick Erasmus Bio
 
“I've looked at life from both sides now

From win and lose and still somehow
It's life's illusions I recall
I really don't know life at all”: Both Sides Now: Joni Mitchell

Frans Venter skryf onder die skuilnaam, Frederick Erasmus. Frans het tot dusvêr ʼn interessante lewe gehad. Die see se golwe en die bosveld sonsondergange inspireer my. Liefde en leed, lag en huil, maar altyd meer lag as huil. Fiksie is soms baie vreemder as die waarheid. Beide fassineer my. Ek hou egter daarvan om die twee in mekaar en deur mekaar te weef, net soos ons persepsie van die lewe. In Beenwerf, werf ek hede en verlede ineen en wys dat waarheid tog seëvier.

Aan twee werke van fiksie, is reeds geboorte gegee. ʼn Boek oor die helde van die moderne tyd, entrepreneurs is reeds gereed en ʼn lekker reisverhaal volg binnekort. Die skuilnaam is bloot ʼn poging om my persoonlike lewe privaat te hou. Ek wil met elk van my lesers ʼn Joni Mitchell band vorm, net genoeg deel om vreugde as resultaat te oes! Lekker lees.

Beenwerf is beskikbaar by:

Frederick Erasmus - sales@fransventer.co.za (Beenwerf - Prys R290-00)

www.graffitibooks.co.za

www.coralspublishers.com

Kopetisie Reëls

1. Pryse is nie oordraagbaar, terugbetaalbaar of omruilbaar nie, en geen deelnemer mag meer as een prys per kompetisie wen nie.
 
2. Kompetisies is slegs oop vir Suid-Afrikaanse burgers.
 
3. Hierdie bepalings en voorwaardes word beheer deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika.
 
4. Deur vir die kompetisie in te skryf, stem elke deelnemer in om aan hierdie bepalings en voorwaardes gebind te wees.
 
5. Deur aan hierdie prys trekking deel te neem, stem alle deelnemers in tot die gebruik van hul persoonlike inligting deur IINFO vir die doeleindes van die administrasie van hierdie prystrekking en enige ander doeleindes waartoe die deelnemer ingestem het.
 
6. Wenners sal binne 10 werksdae na die sluitingsdatum per e-pos of telefoonies in kennis gestel word. Die wenners moet hul prys opeis binne 10 werksdae nadat IINFO kennisgewing gestuur het. Indien die prys na hierdie tyd nie opgeëis word nie, sal dit verval en IINFO behou die reg voor om die onopgeëiste prys aan 'n plaasvervanger in ooreenstemming met hierdie reëls aan te bied.
 
7. Pryse is onderhewig aan beskikbaarheid. In die geval van onvoorsiene omstandighede, behou IINFO die reg voor om (a) alternatiewe pryse van gelykstaande of groter waarde te vervang en (b) in buitengewone omstandighede om die promosie/kompetisie sonder kennisgewing te wysig of uit te sluit. Geen korrespondensie sal gevoer word nie.
 
8. IINFO is nie verantwoordelik vir enige koste of uitgawes wat jy, of enige ander persoon, aangaan tydens en vir doeleindes van jou deelname aan die kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van 'n prys nie.
 
9. IINFO aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige inskrywings wat onvolledig, onleesbaar of IINFO teen die betrokke sluitingsdatum bereik nie. Inskrywings via agente of derde partye is ongeldig.
 
10. Laat inskrywings sal nie aanvaar word nie.
 

  

Add new review

CAPTCHA
This question is for testing whether or not you are a human visitor and to prevent automated spam submissions.
Image CAPTCHA
Enter the characters shown in the image.
Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.