Kruispad AGS | iinfo TZANEEN

Kruispad AGS

Die gemeente is al in die sestigerjare geplant.  Alle eer aan die Here dat Hy steeds staan.
 
Ons glo die volgende:
 
* God is drie maar een. God die Vader, God die seun en God die Heilige Gees.  Net so het ons as mens ook 'n siel, liggaam en gees.
 
* Jesus was God se seun en gestuur aarde toe om die mens te verlos van die nagevolge van sonde, die dood!  Sonde verdien die dood.  Daar is geen mens wat nog nooit gesondig het nie.
 
* Jesus Christus is gebore uit 'n maagd met die naam Maria.  Sy het swanger geword met Jesus a.g.v. die Heilige Gees.
 
* Jesus het die mens se straf gevat deur marteling en 'n kruisdood.  Sodoende het Hy verlossing bekom vir elkeen wat glo dat Hy dit gedoen het.
 
* Jesus het Homself oorgegee uit liefde vir die mens, is gemartel, gekruisig, het gesterf, het uit die dood opgestaan en het opgevaar hemel toe na die regter hand van die Vader. Hy leef vandag nog!
 
* Jesus het vir die mens die Heilige Gees gestuur as leiding, vertroosting en bekragtiging om te kan getuig van Homself en wat hy vir die mens gedoen het.  Sodoende hoor mense die goeie nuus en besluit dan om Jesus se leringe te volg en toe te pas.
 
* Ons glo die globale Kerk is daar om die goeie nuus van Jesus uit te dra en oor te dra aan elke mens wat asem in sy longe het.
 
* Jesus het die Kerk ingestel waarvan Hy die hoof is en die mens die res van die liggaam is.
 
* Die Kerk is nie 'n gebou, instansie of organisasie nie.  Die Kerk is 'n beweging van God op die aarde met een doel en dit is om vir almal die goeie nuus van Christus te wys en te vertel.
 
* Alles wat ons besit kom uit die hand van die Here en word aan ons gegee om te gebruik tot voordeel van Sy plan vir die wêreld.
 
Youtube Channel
Facebook

Error | iinfo TZANEEN

Error

The website encountered an unexpected error. Please try again later.